God Se Groot Beloftes-Bybelstorieboek (Sagteband)
Weet jou kleinding dat God getrou is en altyd sy beloftes nakom? Kyk hoe kinders God se groot beloftes ontdek en hoe Jesus elkeen van hulle nakom! God se groot beloftes-Bybelstorieboek bevat bekende en onbekende Bybelstories soos Noag en die ark, Dawid en Goliat, Daniël in die leeukuil, Jakob en Esau, en Simeon en Anna. Saam wys hierdie 92 stories na die een groot storie van die Bybel: God wat sy beloftes maak en nakom om sy mense te verlos. Helder ikone dui aan watter stories verband hou met ’n belofte wat gemaak is of ’n belofte wat nagekom is binne 5 temas: Redding Mense Land Vreugde Koning Dit is die perfekte eerste Bybel om 3- tot 6-jariges bekend te stel aan die stories van die Bybel en die getroue God wat hulle liefhet. 92 stories uit die Ou en Nuwe Testament, oorvertel vir 3- tot 6-jariges. Helder, kleurvolle ikone dui aan watter stories verband hou met ’n belofte wat gemaak is of ’n belofte wat nagekom is. 412 volkleur-bladsye. Ook beskikbaar in Engels onder die titel God’s Big Promises Bible Storybook.
Variants (1)
- Default Title — 260.00 ZAR — In stock
AI Readiness
Good foundation, but some important product data is still missing.