Winterspele Verblyf (Sewe x 8-slaapeenhede)
Verblyf beskikbaar vir Winterspele Ons bied gerieflike en bekostigbare verblyf naby die CVO Sportgronde aan vanaf die aand van 24 Junie tot en die aand van 27 Junie (besprekings sluit 10 Junie 2026). Kameropsies: * 7 groot kamers wat elk 8 persone gemaklik kan akkommodeer. Kamergeriewe: * Elke kamer is toegerus met beddens en matrasse. * Gaste moet asseblief hul eie beddegoed saambring. Gemeenskaplike geriewe: * Gemeenskaplike braaiarea (bring jou eie hout, blits, ens.) * Gemeenskaplike kombuis (bring eie eetgerei) * Gemeenskaplike badkamers (bring jou eie toiletpapier, handoek ens. saam) Let wel: * Daar is geen mikrogolf of ketel beskikbaar nie – gaste is welkom om hul eie saam te bring. * Die Steenbok Herberg is ongeveer 2.3 km vanaf die CVO Sportgronde, wat dit ’n gerieflike opsie maak vir spanne en ondersteuners. Kansellasiefooi: 40% van die bespreking se totale koste. Kontakbesonderhede vir navrae: Kontak Elrie van den Berg by 081 764 8341 of per e-pos by elrie@bko.co.za
Specifications
- Hoeveel aande wil jy bespreek?
- 1, 2, 3, 4
AI Readiness
Good foundation, but some important product data is still missing.