Soek die 2D vorms
“Soek die 2D Vorms” is ’n oulike, interaktiewe werkboek wat jong leerders help om verskillende 2D vorms te herken, identifiseer en onderskei. Hierdie hulpmiddel bevat eenvoudige “soek en inkleur” aktiwiteite waar kinders spesifieke vorms moet soek, inkleur en tel. Die boekie fokus op: • sirkels • ovale • vierkante • driehoeke • reghoeke • diamante • sterre • harte • vyfhoeke • seshoeke • sewehoeke • agthoeke Hierdie hulpmiddel help om: • visuele diskriminasie te ontwikkel • konsentrasie te verbeter • telvaardighede te oefen • vormherkenning te versterk • fynmotoriese vaardighede te ontwikkel Ideaal vir Graad R en Graad 1 leerders, asook vir ekstra oefening tuis, klaskameraktiwiteite of Wiskunde-sentrums.
AI Readiness
Good foundation, but some important product data is still missing.